5:40

5:40

Kontinente
Op hul plate
Skuif stadig nader
Aand vir aand soos ons bymekaar inkruip
Riffels word berge
Dale van rus
Luister
In die stilte
Tussen jou woorde eggo daar onweerklankbare
Pulse van liefde
Sonar
Wat waters verstuur
Roer met ons moontlike, onmoontlike, hope
Die nooit uitputbaar
Môre